Ek lees net een keer per jaar ‘n boek tydens my vakansie, en Kuber Moorde was een van my beste in jare. Dit is Afrikaans soos dit bedoel is om geskryf te word. Die lengte van die boek is perfek, en dit voel nooit of die storie onnodig aftrek nie. Die klein bietjies komedie wat ingesleep is, was die hoogtepunt, en ek het selfs ‘n paar nuwe slagspreuke geleer! Dit was verfrissend om ‘n goeie boek te lees met bekende plekke wat help om die storie nog meer lewendig te laat voel.