Skrywer Informasie

Agtergrond

DeWet Bisschoff

DeWet Bisschoff van Kommetjie naby Kaapstad is in Pretoria gebore en het grootgeword op ’n plaas naby Steynsburg in die Noordoos-Kaap. Hier ontmoet hy op 14-jarige ouderdom die liefde van sy lewe, sy vrou, Miranda, aan wie hy tot vandag vasklou. Hulle het twee volgroeide kinders.

Nadat hy ’n graad in rekenaarwetenskap en later ’n MBA verwerf het, werk hy as bestuurskonsultant by ’n globale konsultasiemaatskappy waar hy lid is van die senior Afrika-bestuurspan.

Hy is passievol oor sy gesin, kyk baie sport, drink te veel rooiwyn, verdra enige hardekwas kat en lees onophoudelik. As ywerige voëlkyker, biltongjagter, visserman, fotograaf en Land Cruiser-eienaar spandeer hy soveel tyd as moontlik in die natuur.

DeWet skryf vir ontspanning en as ’n stokperdjie.