‘n Plaasaanval. Kuberinbrake. Sabotasie. Die Russiese Geheimediens. ‘n Resep vir moeilikheid.
In die Oos-Kaap ruk ’n plaasaanval die omgewing en ontwrig die lewe van ’n jong gesin. Terselfdertyd lei ’n kuberinbraak by ’n regeringsdepartement en sabotasie by ’n elektriese opwekkingsfasiliteit tot ’n vlaag moorde in die noorde van die land. Mac, ’n rekenaarspesialis wat die kuberaanval probeer uitpluis, kom af op ’n internasionale komplot oor kernkrag en bevind hom in die middel van ’n politieke magstryd.
Polisie-intimidasie dreig om sy ondersoek te ontspoor, terwyl inmenging van die Russiese Geheimediens sy persoonlike veiligheid bedreig. Sy steunpilare is Jerome, sy werkgewer en politieke beskermengel, en Sonja, sy verlore liefde by Staatsveiligheid.
Hulle span saam om die komplot te ontrafel, maar Mac se kleurvolle verlede by Militêre Intelligensie en sy effens donker karakter kompliseer sy speurwerk.
Readers Feedback
Inspirasie vir ‘n nuwe geweer
Man, vandat ek jou boek gelees het, is ek met 'n seer hart op soek na 'n Sako TRG! Inspirerende boek, vreeslik geniet... wanneer kom...Read More
Gert via WhatsApp
Inspirasie vir ‘n nuwe geweer
Man, vandat ek jou boek gelees het, is ek met ‘n seer hart op soek na ‘n Sako TRG! Inspirerende boek, vreeslik geniet… wanneer kom die volgende een?
Gert via WhatsApp
Feitelike vinnig bewegende spanningsverhaal
Ek het die boek deeglik geniet. Dewet het duidelik die onderwerp nagevors en 'n wending van werklike sake ingebring. Ek is 'n fynproewersleser en het...Read More
Amazon
Feitelike vinnig bewegende spanningsverhaal
Ek het die boek deeglik geniet. Dewet het duidelik die onderwerp nagevors en ‘n wending van werklike sake ingebring. Ek is ‘n fynproewersleser en het sy feitlike grondslag en reguit skryfstyl waardeer.
Amazon
Een van die beste in jare!
Ek lees net een keer per jaar 'n boek tydens my vakansie, en Kuber Moorde was een van my beste in jare. Dit is Afrikaans...Read More
Amazon
Een van die beste in jare!
Ek lees net een keer per jaar ‘n boek tydens my vakansie, en Kuber Moorde was een van my beste in jare. Dit is Afrikaans soos dit bedoel is om geskryf te word. Die lengte van die boek is perfek, en dit voel nooit of die storie onnodig aftrek nie. Die klein bietjies komedie wat ingesleep is, was die hoogtepunt, en ek het selfs ‘n paar nuwe slagspreuke geleer! Dit was verfrissend om ‘n goeie boek te lees met bekende plekke wat help om die storie nog meer lewendig te laat voel.