Gratis Skryfwerk

Hierdie kortverhale en gedigte is nie volledig taalversorg of deur redaksie nie so daar kan foutjies in wees. Meestal vir my eie ontspanning, oefening en karakter ontwikkeling geskryf – jy is welkom om dit te lees. Onthou asseblief om die kopiereg te eerbiedig, dit bly my skryfwerk en eiendom.

Wetenskapsfiksie

Ek hou baie van wetenskapsfiksie (“space opera” is my gunsteling), maar daar is maar min Afrikaanse wetenskapsfiksie in omloop. My karakter Oskar (met sy brein-inplant Oskar2 of O2) reis deur tyd, bewaar die vrede en soek na Lara iewers in die tyd-heelal.

Gedigte

Ek is nie veel van ‘n digter nie. Ek skryf meestal vir my vrou. Meeste van dit is nie vir die publieke oog nie.

Hierdie gedig is gepubliseer deur SA Jagter tydskrif en dit het goeie terugvoer gekry van mede-jagters.

Onbekende Bybel Karakter Stories

Ek wonder altyd wat word van mense wat in die bybel genoem word in een versie en dan verdwyn, of as iets groot gebeur met hulle soos ‘n wonderwerk, ‘n ontmoeting met Jesus of iets anders. Wat word daarna van hulle, wat doen hulle na so ‘n gebeurtenis, of hoe het hulle op daai oomblik in die bybelvers ingestap?

Hierdie is dus fiktiewe stories oor die tipe mense – die ‘ekstra’ bybel karakters wat verskyn en verdwyn.

Ander Stories

Hierdie is uiteenlopende stories met geen sentrale tema nie. Sommer ‘n klompie van my gunstelinge.